Share This Post

Uitstekende werkboekies vir die Grondslagfase!

Uitstekende werkboekies vir die Grondslagfase!

Grondslagfase-onnies weet dat dit verskriklik baie moeite verg om werkboekies op te stel en te laat druk. Of om werkkaarte uit te werk en een vir een in ‘n boek te plak (wat somtyds in chaos ontaard!). Afrolwerk word ook al duurder en duurder. Hierdie uitstekende, gewilde werkboekies van Depicta is iets wat jou baie kan help. Dit gaan definitief ook baie help met vaslegging in die klas en as huiswerkies.

Ek het al voorheen oor Depicta se wonderlike hulpmiddels geskryf en glo my, onnies is mal oor hulle hulpmiddels, hulle flink diens en beskostigbare pryse, veral vir skole wat nie groot begrotings het nie.

So, wat bied Depicta dan anders as plakkate?

Depicta het ‘n groot verskeidenheid werkboekies vir die Grondslagfase. Dit sluit in werkboekies vir spelling, klanke, handskrif (lopende skrif en drukskrif), woordeboekies, taalleer in Engels en Zoeloe asook Wiskunde. Hierdie werkboekies is deur Depicta se bekwame span ontwikkel, wat al dekades se ondervinding het. Die Graad 1 Wiskunde werkboekies is ook splinternuut en die Graad 2 en 3 werkboekies sal teen die einde van September gereed wees – daar is twee boekies vir elke graad. Dit dek al die vaardighede wat uiteengesit is deur die KABV, insluitende woordprobleme. Dis ‘n omvattende reeks wat baie gebruikersvriendelik is.

Hier is ‘n paar voorbeelde van die werkboekies. Daar is ook voorbeelde van hoe dit binne-in lyk wanneer jy op die skakel klik op hulle aanlynwinkel.

Klik hier om die webtuiste te besoek.

Wat anders bied Depicta?

Depicta het ook ‘n nuwe reeks Wiskunde-onderwysersgidse wat ontwikkel is deur Louise Scheinuk (MEd). Sy het jare ondervinding in onderwyseropleiding en was self ‘n Wiskunde-onderwyseres en ook ‘n dosent in Wiskunde-onderrig. Sy het ook verskeie werkswinkels namens AMESA aangebied. Hierdie gidse help Wiskunde-onnies in die Intersen fases om Wiskunde beter aan te bied. Soms is dit nodig om uit die boks te dink en dalk die ‘Wiskunde-onder-die-Wiskunde’ beter te verstaan. Dit kan jou ook help as ewe skielik in die diepkant ingegooi is en jy moet weer Wiskunde aanbied na ‘n paar jaar. Nuwe onnies sal natuurlik ook baie baatvind by hierdie boekies.

Hier is ‘n paar voorbeelde (en dis spotgoedkoop!):

wisknde hulpmiddels vir onderwysers

Onthou natuurlik dat Depicta ‘n wye reeks ander hulpmiddels het soos plakkate en die oulikste plakkers. My klaskamer is natuurlik vol van hierdie plakkate en ek gebruik nogsteeds hulle plakkers van die eerste dag wat ek al skoolgee. Hulle het ook oulike leesboekies wat jy vir jou klas kan bestel.

Hoe bestel ek?

Die maklikste manier om te bestel is deur gebruik te maak van hulle aanlynwinkel. Indien jy nog nie te vertroud is met die proses nie, kan jy ‘n bestellingsvorm invul en dit via faks of e-pos aanstuur. Onthou dat werkboekies per kind bestel moet word en dat geen materiaal gefotostateer mag word nie.

Besoek Depicta se aanlynwinkel hier

Kontak Depicta:

E-pos: info@depicta.co.za

Telefoon : 011 462 3512

Faks: 086 554 4329

Onlangse Artikels

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Ontspan: Kleur in!

Digitale Media in die Afrikaansklas

Vakante Onderwysposte

Video’s om Afrikatale aan te leer

Moenie moed opgee nie

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.