Share This Post

Gladdebek – Hulpmiddels vir taalonnies

Gladdebek – Hulpmiddels vir taalonnies

Gladdebek se leuse is ‘Want praat is lekker’. Taalvaardighede is die hoofbestanddeel van ‘n suksesvolle skoolloopbaan.
1_logo

Gladdebek se hooffokus is die Huistaal- en Eerste Addisionele Taal-leerder in graad 10-12. Hierdie leerders moet met selfvertroue kan praat, luister, skryf en lees.

Al Gladdebek se hulpgidse word noukeurig volgens die KABV en Departementele eksamenriglyne opgestel.
2_banner

Hier is ‘n paar van Gladdebek se gewildste hulpgidse:

3_Praat Mondeling

PRAAT! Mondeling – ‘n Hulpgids vir Afrikaans Huistaal graad 10–12

Hierdie hulpgids bevat alles wat taalonnies en leerders in graad 10-12 oor mondeling moet weet. Dit sluit onnie-notas oor voorbereide en onvoorbereide toesprake, asook luistebegripsoefeninge in. Daar is voorbeelde van opdragte en rubrieke, en ‘n volledige luisterbegripsoefening met ‘n memorandum.
4_Kuns van Poësie

Die Kuns van Poësie – ‘n Hulpgids vir Afrikaans Huistaal graad 12

Poësie hoef nie misterieus te wees nie! Met Gladdebek se hulpgids maak al die tegniese terme skielik meer sin! Hierdie hulpgids bevat ‘n hele lang lys stylfigure en poësieterme wat leerders in graad 12 moet ken. Elke term word verduidelik en voorbeelde word uit die voorgeskrewe gedigte vir Afrikaans Huistaal graad 12 gegee. ‘n Maklike ontledingsmetode word bespreek en leerders leer hoe poësie in toetse en eksamens getoets word.
5_Opsteluitdaging

Opsteluitdaging – Die skryfuitdaging wat jou leer hoe om ‘n opstel te skryf

Hierdie hulpgids is geskik vir beide Huistaal en Eerste Addisionele Taal. Dit is in beide Engels en Afrikaans beskikbaar.

Opstelskryf bly maar ‘n kopseer vir onnies en leerders. Dit verg deeglike oefening – iets waarvoor daar nie altyd in die klas tyd is nie. Hierdie hulpgids gebruik drie stappe om die proses sommer lag-lag pret te maak:

Stap 1: Leer (‘n opsomming van ‘n tegniek of begrip)

Stap 2: Oefen (die tegniek of begrip word met prettige oefeninge ingeoefen)

Stap 3: Skryf (die leerder kies uit honderde onderwerpe en skryf self)

6_Kreatiewe Skryfwerk Briewe (1)

Kreatiewe Skryfwerk Boek 1 – Briewe

Met hierdie hulpgids sal briefskryf nooit weer vervelig wees nie!

Die gids is geskik vir beide Huistaal en Eerste Addisionele Taal graad 9–12 en is in Afrikaans en Engels beskikbaar.

Net soos in die Opsteluitdaging, word drie stappe ook hier toegepas:

Stap 1: Leer (‘n opsomming van die kenmerke van die teks en ‘n voorbeeld)

Stap 2: Oefen (enkele elemente word met prettige oefeninge ingeoefen)

Stap 3: Skryf (die leerder kies uit ‘n verskeidenheid onderwerpe en skryf self)

Besoek die Gladdebek winkel hier vir meer Afrikaanse hulpmiddels.

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.